Luke 7:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Simon het geantwoord en gesê: Ek veronderstel dat hy aan wie hy die meeste vergewe het. En hy sê vir hom: Jy het reg geoordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simon het geantwoord: “Ek veronderstel die een vir wie hy die meeste skuld afgeskryf het.” “Dis reg,” het Jesus gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel die een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel. |
| Afrikaans 1983 | Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simon het geantwoord: “Ek veronderstel die een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het.” En Jesus sê vir hom: “Jy het reg geoordeel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simon het gesê: “Ek dink die man wat die meeste geld geskuld het.” Jesus sê toe: “Jy het reg gedink.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die een wat die meeste geld geskuld het,” het Simon geantwoord. “Jy is heeltemal reg,” het Jesus gesê. |