Luke 7:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy hulle altwee eerlik vergewe. Sê my dan, wie van hulle sal hom die liefste hê? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nie een van die twee kon hom terugbetaal nie; hy het dus maar al twee oorgesien en hulle skuld afgeskryf. Wie dink jy het hom daarna die meeste liefde bewys?” |
| Afrikaans 1933/1953 | en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê? |
| Afrikaans 1983 | Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir albei kwytgeskeld. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat hulle hom nie kon terugbetaal nie, het hy albei se skuld kwytgeskeld. Wie van hulle sal hom dan die meeste liefhê?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Altwee mans kon nie hulle skuld betaal nie. Toe het die man wat die geld vir hulle geleen het, gesê hulle moenie die skuld terugbetaal nie, hulle mag die geld hou. Watter man sal die dankbaarste wees vir die man wat gesê het hulle mag die geld hou?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle kon nie hulle skuld betaal nie. Toe besluit die bestuurder na ’n ruk om hulle skuld af te skryf. Sê vir My: Wie van hierdie twee mans was die blyste? Wat dink jy?” |