Luke 7:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was 'n sekere skuldeiser wat twee skuldenaars gehad het: die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander vyftig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus vertel hom toe die volgende verhaal: “’n Man het vir twee mense geld geleen — 500 rand vir die een, en 50 vir die ander. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sê toe: 'n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander een vyftig; |
| Afrikaans 1983 | Jesus sê toe: “Twee mense was in die skuld by 'n geldskieter. Die een het vyf honderd rand geskuld en die ander een vyftig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Twee mense was by 'n sekere geldskieter in die skuld. Die een het vyfhonderd denarius geskuld, en die ander vyftig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus vertel toe vir hom 'n gelykenis: “Daar was twee mense wat geld geskuld het aan iemand wat vir hulle geld geleen het. Die een man het 500 silwer geldstukke geskuld, en die ander man het 50 silwer geldstukke geskuld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus vertel toe vir hom ’n kort verhaaltjie: “Twee mans het geld aan ’n bankbestuurder geskuld; die een 80 000 rand, en die ander 8 000 rand. |