Luke 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dadelik gesmeek en gesê: Dat Hy waardig is vir wie Hy dit sou doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ernstig by Jesus aangedring om saam met hulle te kom en die man te help. “As enigiemand u hulp verdien, dan is dit hý,” het hulle gesê, |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesê: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen; |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by Jesus kom, het hulle ernstig by Hom daarop aangedring en gesê: “Hy is dit werd dat U dit vir hom doen, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend versoek en gesê: “Hy verdien dit dat U dit vir hom doen, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers kom toe by Jesus en soebat en sê vir Hom: “Hierdie offisier is 'n baie goeie man. U moet asseblief sy slaaf gesond maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die mans by Jesus kom, het hulle Hom vertel wat aan die gang was en Hom gesmeek om na die Romeinse offisier se huis toe te gaan. “Weet U, hy is ’n wonderlike man. As daar nou een persoon is wat ’n wonderwerk verdien, is dit daardie Romeinse offisier. |