Luke 7:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Fariseër wat hom genooi het, dit sien, spreek hy by homself en sê: Hierdie man, as hy 'n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat hom aanraak, want sy is 'n sondaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Fariseër wat die gasheer was, sien wat gebeur en wie die vrou is, het hy vir homself gesê: “Dit bewys dat Jesus geen profeet is nie. As God hom werklik gestuur het, sou hy geweet het watter soort vrou hom aanraak. Sy is ’n sondaar!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy 'n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is 'n sondares. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: “Hy, as hy 'n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy 'n sondares is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Fariseër wat Hom uitgenooi het, dit sien, het hy in sy hart gedink, as hierdie man 'n profeet was, sou hy tog geweet het wie dit is wat hom aanraak en watter soort vrou sy is, dat sy 'n sondige vrou is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Fariseër wat vir Jesus genooi het, dit sien, het hy gedink: As hierdie man 'n profeet was, dan sou hy geweet het watter soort vrou dit is wat aan hom raak. Hy sou geweet het sy is 'n slegte vrou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simon was baie ontsteld oor wat hierdie vrou in sy huis aangevang het. Hy het goed geweet wie sy was. Hy dink toe in die stilligheid by homself: “As hierdie Jesus regtig ’n boodskapper van God is, sal Hy mos weet dat dié vrou wat nou aan Hom raak ’n groot sondaar is. Dan sal Hy haar wegjaag, want sy is besig om Hom onrein te maak.” |