Luke 7:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, 'n vrou in die stad wat 'n sondaar was, het, toe sy geweet het dat Jesus in die huis van die Fariseër aan tafel gesit het, 'n albaste boks met salf gebring,
Afrikaans (NLV) 2011 En kyk, ’n sekere vrou van losse sedes het gehoor dat Hy daar is en het ’n albaste fles met duur aromatiese olie gebring.
Afrikaans 1933/1953 En toe 'n vrou in die stad, wat 'n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy 'n albaste fles met salf gebring
Afrikaans 1983 'n Sekere vrou in die dorp, wat 'n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe 'n albaste flessie met reukolie
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En kyk, daar was 'n sondige vrou in die dorp wat gehoor het dat Hy by die Fariseër se huis gaan eet het. Sy het 'n albasterfles vol reukolie gevat
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 'n slegte vrou in die stad, almal het geweet sy is 'n slegte vrou. Sy het gehoor Jesus is by die huis van die Fariseër om daar te eet. Sy neem toe 'n klip-kruikie met lekkerruik-olie
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dieselfde dorp het daar ook ’n vrou gebly wat ’n baie slegte lewe gelei het. Toe sy hoor dat Jesus by Simon se huis gaan eet het, was sy baie opgewonde. Sy het toe ’n bottel met baie duur parfuum gevat en reguit na Simon se huis toe gegaan.