Luke 7:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En een van die Fariseërs het hom gevra om saam met hom te eet. En hy het in die huis van die Fariseër ingegaan en aangesit om te eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van die Fariseërs het Jesus na sy huis genooi vir ’n maaltyd, en Jesus het dit aanvaar en aangelê om te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die huis van die Fariseër ingegaan en aan tafel plek ingeneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een van die •Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het die Fariseër se huis binnegegaan en vir ete aangeleun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van die Fariseërs het vir Jesus genooi om by hom te kom eet. Jesus het by die Fariseër se huis gekom en Hy het by die tafel gaan sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het ’n Fariseër met die naam Simon vir Jesus uitgenooi om by hom te kom eet. Daar aangekom, het Jesus saam met Simon en ’n paar ander mans by die tafel gaan aansit. |