Luke 7:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Seun van die mens het gekom en eet en drink; en julle sê: Daar is 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars!
Afrikaans (NLV) 2011 “En Ek, die Seun van die Mens, hou van gesellige maaltye — Ek eet en drink — en julle sê: ‘Hy is ’n vraat en ’n dronkaard, en ’n vriend van die slegste soort sondaars!’
Afrikaans 1933/1953 Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars.
Afrikaans 1983 Die Seun van die mens het gekom, geëet en gedrink, en julle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En die •Seun van die Mens het gekom en geëet en gedrink, “en julle sê, “ ‘Kyk, Hy is 'n vraat en 'n suiplap, 'n vriend van tollenaars en sondaars. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees. Nou sê julle: ‘Hy is 'n vraat en 'n dronklap. En Hy is ook 'n vriend van die tollenaars en van mense wat nie doen wat die Here in sy wette sê nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe kom Ek, die Seun van die mens. Ek het dikwels saam met die mense geëet en gedrink. En wat sê julle toe? ‘Kyk, Hy’s ’n regte vraat en ’n suiplap! Hy kuier graag saam met sondaars en daardie spul wat ons godsdienstige wette verwerp.’