Luke 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy van Jesus hoor, het hy die oudstes van die Jode na hom gestuur en hom gesmeek om te kom en sy dienaar gesond te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die offisier het van Jesus te hore gekom en ’n paar gerespekteerde Joodse leiers na Hom gestuur om te vra dat Hy die slaaf gesond sal kom maak.
Afrikaans 1933/1953 Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.
Afrikaans 1983 Die offisier het van Jesus gehoor, en stuur toe 'n paar familiehoofde van die Jode na Hom toe om te vra dat Hy moet kom om sy slaaf gesond te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy van Jesus hoor, het hy 'n paar van die Joodse familiehoofde na Hom gestuur met die versoek dat Hy kom om sy slaaf gesond te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die offisier het gehoor van Jesus. Hy het party van die Joodse leiers na Jesus toe gestuur. Hulle moes vir Jesus sê die offisier vra Jesus moet asseblief die slaaf kom gesond maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die offisier hoor dat Jesus in die dorp is, het hy gou ’n paar van die Joodse leiers in Kapernaum gevra om na Jesus toe te gaan. “Vra Hom om na my huis toe te kom en my werker gesond te maak,” het die offisier gesê.