Luke 7:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele volk wat hom gehoor het, en die tollenaars, het God geregverdig deurdat hulle met die doop van Johannes gedoop is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle dit hoor, het al die mense, ook die tollenaars, saamgestem dat God se plan reg was, want hulle is deur Johannes gedoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes. |
| Afrikaans 1983 | Al die mense, ook die tollenaars, het na hom geluister en was aan die wil van God gehoorsaam. Hulle het hulle met die doop van Johannes laat doop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volk wat na Hom geluister het, ook die •tollenaars, het saamgestem dat God reg gehandel het, en hulle met die doop van Johannes laat doop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense, ook die tollenaars, het gedink God oordeel reg oor hulle, en daarom het hulle gevra dat Johannes hulle moet doop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die mense en diegene wat gewoonlik as sondaars beskou is, hoor wat Jesus sê, het hulle God se Naam grootgemaak. Want hulle almal is met die doop van Johannes gedoop. |