Luke 7:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen groter profeet as Johannes die Doper nie; maar die minste in die koninkryk van God is groter as hy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sê vir julle, van almal wat ooit geleef het, is niemand groter as Johannes nie. Tog is selfs die geringste persoon in die koninkryk van God groter as hy!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy. |
| Afrikaans 1983 | “Ek sê vir julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter as Johannes is nie, en tog is die geringste in die koninkryk van God groter as hy.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek sê vir julle: Onder diegene wat uit vroue gebore is, is daar niemand groter as Johannes nie, en tog is die geringste in die •koninkryk van God groter as hy.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek sê vir julle, niemand is belangriker as Johannes nie, nie een van al die mense wat gebore is nie. Maar wanneer God Koning is, dan is die mens wat die minste belangrik is, nog belangriker as Johannes.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daar was nog nooit in die geskiedenis so ’n belangrike man soos Johannes nie. En tog is almal in God se nuwe wêreld waarvoor hy julle wou voorberei belangriker as hy, selfs die heel onbelangrikste persoon.” |