Luke 7:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is hy van wie geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou aangesig, wat jou weg voor jou sal regmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Johannes is die man na wie die Skrif verwys wanneer dit sê: ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit, en hy sal die pad voor jou gereedmaak.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak. |
| Afrikaans 1983 | Dit is hy van wie daar geskrywe staan: “ ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is die een oor wie geskryf staan, “ ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit – hy sal jou pad voor jou gereedmaak.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het in die Ou Testament oor Johannes gepraat toe Hy gesê het: “ Kyk, Ek stuur my boodskapper. Hy sal voor jou gaan en hy sal die pad gereedmaak vir jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om die waarheid te sê, hy is die heel belangrikste profeet wat nog ooit geleef het. Wat Maleagi geskryf het, is van hom waar: ‘Ek, God, stuur iemand voor jou uit om vir almal te vertel dat jy kom. Hy sal sorg dat die mense van jou weet sodat jy jou werk makliker kan doen.’ |