Luke 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar waarvoor het julle uitgegaan om te sien? 'n Man geklee in sagte klere? Kyk, die wat pragtig geklee is en deftig lewe, is in die voorhowe van die konings.
Afrikaans (NLV) 2011 Of het julle verwag om ’n man geklee in deftige klere te sien? Nee, mense wat mooi klere dra en in luuksheid lewe, word in paleise gevind, nie in die woestyn nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise.
Afrikaans 1983 Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat swierige klere dra en in weelde lewe, kry 'n mens in koninklike paleise.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar wat wou julle dan gaan sien? 'n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, mense met swierige klere, wat in weelde leef, woon in koninklike paleise.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Het julle gedink julle sal 'n man sien wat mooi en duur klere dra? Nee, die mense wat mooi klere aantrek en blink goed het, woon in konings se paleise.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of dalk ’n ryk man wat mooi klere dra? Nee. Julle weet mos dat ryk mense nie in die woestyn bly nie. Hulle sit heeldag in groot, gerieflike huise, omring met alles wat hulle begeer.