Luke 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaar van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom dierbaar was, was siek en gereed om te sterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Romeinse offisier oor honderd het ’n slaaf gehad wat siek en sterwend was. Die slaaf was vir hom baie werd. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê. |
| Afrikaans 1983 | 'n Offisier daar het 'n slaaf gehad wat vir hom baie werd was, en die slaaf was siek en het op sterwe gelê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Slaaf van 'n sekere centurio wat vir hom baie werd was, was tot die dood toe siek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het 'n Romeinse offisier gewoon. Hy het 'n baie goeie slaaf gehad. Die slaaf was ernstig siek, hy was amper dood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was ’n belangrike offisier in die Romeinse leër. Sy werker was baie siek. Almal het verwag dat hy enige oomblik sou doodgaan. |