Luke 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge te kenne gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Johannes die Doper se dissipels het hom alles vertel wat Jesus gedoen het. Johannes het dus twee van sy dissipels geroep
Afrikaans 1933/1953 En die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge berig gebring.
Afrikaans 1983 Die volgelinge van Johannes het hom van al hierdie dinge vertel. Hy laat toe twee van sy volgelinge roep
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Johannes se dissipels het hom van al hierdie dinge vertel. Johannes het twee van sy dissipels laat roep
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipels van Johannes die Doper het vir hom alles vertel wat Jesus gedoen het. Johannes roep toe twee van sy dissipels
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Johannes die Doper het intussen ook gehoor wat Jesus alles doen. Sy volgelinge het hom op hoogte gehou van al Jesus se doen en late.