Luke 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n vrees oor almal gekom, en hulle het God verheerlik en gesê: Daar het 'n groot profeet onder ons opgestaan; en: Dat God sy volk besoek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Groot vrees het die skare oorweldig — hulle het God geprys en gesê: “’n Magtige profeet het onder ons opgestaan!” en: “God het besluit om na sy mense om te sien!”
Afrikaans 1933/1953 En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sê: 'n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: God het sy volk besoek.
Afrikaans 1983 Almal is met ontsag vervul en het God geprys deur te sê: “'n Groot profeet het onder ons opgestaan,” en “God het na sy volk omgesien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vrees het almal beetgepak, en hulle het God geloof met die woorde “'n Groot profeet het onder ons opgestaan!” en “God het omgesien na sy volk!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense was verbaas en bang oor wat gebeur het. Hulle het God geprys en gesê: “'n Belangrike profeet het by ons gekom.” Hulle het ook gesê: “God het sy volk kom help.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense kon hulle oë nie glo nie. Hulle hartseer het dadelik plek gemaak vir blydskap. Met groot ontsag het hulle God se Naam begin loof en prys. “God het ’n baie belangrike boodskapper na ons toe gestuur!” het hulle uitgeroep.