Luke 7:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer gevoel oor haar en vir haar gesê: Moenie huil nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry. “Moenie huil nie!” het Hy gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: Moenie ween nie! |
| Afrikaans 1983 | Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry en vir haar gesê: “Moenie huil nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry en vir haar gesê: “Moenie huil nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Here haar sien, was Hy baie jammer vir haar en Hy het vir haar gesê: “Jy moenie huil nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Here die weduwee sien, het Hy haar uit sy hart uit jammer gekry. Hy het vir haar gesê: “Moenie huil nie.” |