Luke 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy naby die poort van die stad kom, word daar 'n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was 'n weduwee, en baie mense van die stad was by haar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jesus die dorpsingang nader, het ’n begrafnisstoet uitgekom. Die jong man wat gesterf het, was die enigste seun van ’n weduwee, en baie rouklaers van die dorp was saam met haar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar net 'n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was 'n weduwee; en 'n groot menigte van die stad was by haar. |
| Afrikaans 1983 | en sy dissipels en 'n hele menigte mense is saam met Hom. Toe Hy naby die ingang van die dorp kom, word daar juis 'n dooie uitgedra om begrawe te word. Hy was die enigste seun van sy ma, en sy was 'n weduwee. Byna die hele dorp se mense was saam met haar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het naby die poort van die dorp gekom. Juis toe word daar 'n dooie uitgedra – die enigste seun van sy moeder, en sy was 'n weduwee. Daar was heelwat mense van die dorp saam met haar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jesus naby die poort van die stad kom, sien Hy mense wat na 'n graf toe loop om iemand te begrawe. Dit was 'n weduwee se enigste seun wat gesterf het. Baie van die stad se mense was saam met haar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jesus by die ingang van Nain kom, het hulle op ’n groot groep mense afgekom wat ’n dooie na die begraafplaas buitekant die dorp gedra het. Dit was die enigste seun van ’n weduwee. Baie mense van die dorp het ook opgedaag vir die begrafnis. Hulle was saam met die weduwee hartseer oor haar seun se dood. |