Luke 7:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dag daarna het hy in 'n stad gegaan met die naam van Nain; en baie van sy dissipels het saam met Hom gegaan, en baie mense. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kort hierna het Jesus en sy dissipels na die dorp Nain gegaan met ’n groot skare wat Hom volg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dag daarna was Hy op weg na 'n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en 'n groot menigte het saam met Hom gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Kort daarna het Jesus na 'n dorp met die naam Nain gegaan, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kort daarna het Jesus na 'n dorp met die naam Nain gegaan. Sy dissipels en 'n groot skare het saam met Hom gereis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nie lank daarna nie het Jesus na die stad Nain gegaan. Sy dissipels en baie ander mense het saam met Hom gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende dag het Jesus na ’n dorp toe gegaan met die naam Nain. ’n Groot klomp mense het saam met Hom soontoe gestap. Sy dissipels was ook by. |