Luke 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jesus vir hulle: Een ding sal Ek julle vra; Is dit op die sabbat geoorloof om goed te doen of kwaad te doen? om lewe te red, of om dit te vernietig? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Jesus vir sy kritici: “Ek het ’n vraag om aan julle te stel. Is dit wetlik reg om goeie dade op die Sabbat te doen, of is dit ’n dag om kwaad te doen? Is hierdie ’n dag om lewens te red of om dit te vernietig?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle 'n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat -- om goed te doen of kwaad te doen; om 'n lewe te red of om te bring? |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Jesus vir hulle: “Nou vra Ek julle: Mag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Jesus vir hulle: “Ek vra julle, is dit toelaatbaar om op die Sabbat goed te doen, of sleg te doen, om 'n lewe te red, of dit ten gronde te laat gaan?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir die skrifgeleerdes en die Fariseërs: “Sê vir My, mag 'n mens op die Sabbatdag goed doen of verkeerd doen? Mag 'n mens iemand se lewe red, of mag 'n mens hom doodmaak?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe vra Jesus vir die godsdienstige leiers: “Sê ’n bietjie vir My: Moet ’n mens op die sabbat goed doen, of moet ’n mens slegte dinge doen? Moet ’n mens iemand anders se lewe red, of moet jy hom doodmaak?” |