Luke 6:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy wat hoor en nie doen nie, is soos 'n man wat sonder fondament 'n huis op die aarde gebou het; waarteen die stroom wel hewig geklop het, en dadelik het dit geval; en die verwoesting van daardie huis was groot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar enigeen wat luister en nie gehoorsaam nie, is soos ’n man wat ’n huis sonder fondament bou. Wanneer die vloedwater teen daardie huis aanbruis, sal dit tot ’n puinhoop inmekaarstort.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot. |
| Afrikaans 1983 | Maar as iemand luister en nie doen wat Ek sê nie, is hy soos 'n man wat sy huis bo-op die grond gebou het sonder 'n fondament. Toe die vloedwater dit tref, het dit dadelik ingestort, en daardie huis het een groot puinhoop geword.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar wie hoor en nie doen nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder 'n fondament op die grond bou. As die vloedwaters dit tref, stort dit onmiddellik ineen. Die verwoesting van daardie huis was geweldig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hoe is iemand wat hoor wat Ek sê en dit nie doen nie? Hy is soos 'n man wat sy huis bo-op die grond gebou het. Die huis het nie 'n fondament gehad nie. Toe die rivier vol water word en tot teen die huis kom, het die huis dadelik inmekaar geval. Daar het niks van die huis oorgebly nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Aan die ander kant: mense wat hoor wat Ek sê en dit nie doen nie, is soos ’n ander man wat sy huis sommer vinnig aanmekaargeslaan het, sonder ’n behoorlike fondament. Toe die storm daardie huis tref, het al die stormwater dit in ’n paar oomblikke uitmekaargeruk. Daar het net mooi niks van sy nuwe huis oorgebly nie. So sal dit met almal gaan wat nie doen wat Ek sê nie.” |