Luke 6:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en 'n slegte mens bring uit die bose skat van sy hart wat sleg is te voorskyn, want van die oorvloed van die hart spreek sy mond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Goeie mens bring goeie dade voort uit ’n goeie hart, en ’n slegte mens bring slegte dade voort uit ’n bose hart. Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond. |
| Afrikaans 1983 | Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die goeie skatkamer van sy hart, en 'n slegte mens bring die slegte voort uit die slegtheid wat in hom is; want waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is dieselfde by mense: 'n Goeie mens praat en doen goeie dinge omdat hy in sy hart goed is. En 'n slegte mens praat en doen slegte dinge omdat hy in sy hart sleg is. Ja, 'n mens praat oor die baie dinge wat in sy hart is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Goeie mense is soos goeie bome. Uit hulle binneste kom daar net goeie dinge. En slegte mense is soos slegte bome. Uit hulle binneste kom daar net lelike dinge. Luister maar net wat mense sê, dan weet julle watter soort mense hulle is. Mense se woorde wys wat in hulle harte aangaan. |