Luke 6:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En waarom sien jy die splinter wat in jou broer se oog is, maar die balk wat in jou eie oog is, sien jy nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En waarom sien jy die splinter in jou vriend se oog raak en sien nie die yslike stomp in jou eie oog nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie? |
| Afrikaans 1983 | “Waarom sien jy die splinter raak in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Waarom sien jy die splinter in jou •broer se oog raak, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom sien jy die klein stukkie hout in jou broer se oog, maar jy sien nie die groot stuk hout in jou eie oog nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Waarom is jy so haastig om foute in ander mense se lewe uit te snuffel terwyl jy blind is vir al die sondes in jou eie lewe? Waarom sien jy so gou die kleinste splintertjie in jou vriend se oog raak terwyl jy blind is vir daardie groot houtstomp wat in jou eie oog vassit? |