Luke 6:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het 'n gelykenis aan hulle vertel: Kan 'n blinde 'n blinde lei? Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan ’n blinde persoon ’n ander blinde lei? Die eerste sal in ’n sloot val en die ander een saam aftrek.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het vir hulle 'n gelykenis uitgespreek: 'n Blinde kan tog nie 'n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?
Afrikaans 1983 Hy het ook met beeldspraak vir hulle gesê: “Kan 'n blinde miskien 'n ander blinde lei? Sal hulle nie altwee in 'n sloot val nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook 'n gelykenis vir hulle vertel: “Een blinde kan tog nie 'n ander blinde rondlei nie? Sal hulle dan nie albei in 'n sloot val nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het die volgende voorbeelde gebruik om vir hulle nog iets te sê: “'n Blinde mens kan nie 'n ander blinde mens lei nie. Want hulle sal saam in 'n sloot val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy blind is, kan jy nie ’n ander blinde rondlei nie. Kort voor lank val julle albei in ’n sloot.