Luke 6:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle leen aan hulle van wie julle hoop om te ontvang, watter dank het julle? want sondaars leen ook aan sondaars om weer soveel te ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as julle geld leen net aan dié wat julle kan terugbetaal, is dit iets besonders? Selfs sondaars leen aan sondaars om die volle bedrag terug te kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as julle leen aan die van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang. |
| Afrikaans 1983 | En as julle geld leen net aan dié van wie julle hoop om dit terug te kry, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Sondaars leen ook aan sondaars, solank hulle maar dieselfde bedrag kan terugkry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as julle net geld uitleen aan mense van wie julle hoop om dit terug te kry, hoe kan julle enige dank verwag? Sondaars leen ook aan sondaars, solank hulle maar net dieselfde bedrag kan terugkry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “As julle net vir mense iets leen sodat julle later weer iets by hulle kan kry, dan doen julle net wat julle moet doen, julle doen niks beter nie. Die sondaars leen ook vir mekaar sodat hulle weer iets kan terugkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle leen ook dinge aan hulle vriende, solank hulle dit op die ou end net terugkry. |