Luke 6:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as julle die liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? want sondaars het ook hulle lief wat hulle liefhet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die sondaars doen dit! |
| Afrikaans 1933/1953 | En as julle die liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook die lief wat vir hulle liefhet. |
| Afrikaans 1983 | “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net dié lief wat vir hulle liefhet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As julle diegene liefhet wat vir julle liefhet, hoe kan julle enige dank verwag? Want ook die sondaars het diegene lief wat hulle liefhet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle net lief is vir die mense wat lief is vir júlle, dan doen julle net wat julle moet doen, julle doen niks beter nie. Want die sondaars is ook lief net vir die mense wat lief is vir húlle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom en wat lief is vir julle, moet julle nie verwag om ’n medalje vir goeie diens by God daarvoor te kry nie. Almal doen dit tog, ook die slegte mense wat hulle nie aan God steur nie. En as julle net goeie dinge doen vir dié wat goeie dinge vir julle doen, het julle nog niks besonders gedoen nie. Selfs slegte mense doen dit ook. |