Luke 6:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee julle as almal goed van julle praat! want so het hulle vaders met die valse profete gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ellende wag op julle wat deur die skares geprys word, want hulle voorvaders het ook die vals profete geprys.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met die vals profete net so gemaak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee julle wanneer al die mense net goed van julle praat, want hulle voorvaders het die vals profete net so behandel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God sal dit sleg laat gaan met julle wanneer al die mense net mooi dinge van julle sê, want hulle voorouers het lank gelede ook net mooi dinge van die vals profete gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daar wag groot probleme op julle wat dink dat die lewe een groot gefuif is. Wanneer God se nuwe wêreld aanbreek, sal julle verskriklik huil, want julle sal moet buite bly. “Daar wag groot probleme op julle wanneer mense heeltyd net mooi dinge oor julle moet sê. Onthou: in die ou dae het die mense ook mooi dinge oor al die vals boodskappers van die Here te sê gehad.” |