Luke 6:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verheug julle in dié dag en spring van blydskap, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want net so het hulle vaders met die profete gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer dit gebeur, verheug julle! Ja, spring rond van vreugde! Want ’n groot beloning wag vir julle in die hemel. Onthou, die profete van vroeër is net so deur julle voorvaders behandel.”
Afrikaans 1933/1953 Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
Afrikaans 1983 Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wees bly op daardie dag, en spring op van vreugde, want kyk, julle beloning in die hemel is groot. Hulle voorvaders het immers die profete net so behandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet bly wees wanneer dit gebeur, so bly dat julle rondspring, want in die hemel sal God baie goed wees vir julle. Kan julle onthou wat gebeur het met die profete? Die voorouers van die mense wat vir julle nou haat, het die profete lank gelede ook so gehaat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Spring dan op en dans rond van vreugde, want daar wag ’n groot beloning op julle in God se nuwe wêreld. Wanneer mense julle slegsê, is julle in baie goeie geselskap: God se boodskappers is nog altyd so behandel.