Luke 6:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geseënd is julle wanneer die mense julle sal haat en julle van hulle menigte afskei en julle smaad en julle naam verdryf as slegtheid ter wille van die Seun van die mens.
Afrikaans (NLV) 2011 Gelukkig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle uitsluit en beskimp en julle naam deur die modder sleep ter wille van My, die Seun van die Mens.
Afrikaans 1933/1953 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
Afrikaans 1983 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gelukkig is julle wanneer die mense julle haat en verstoot en uitskel en julle name deur die modder sleep ter wille van die •Seun van die Mens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle is gelukkige mense wanneer die mense julle haat en wegjaag en beledig en slegte dinge van julle sê omdat julle aan My behoort, aan My, die Seun van die mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle is gelukkig as ander mense julle haat, julle verstoot en julle sleg behandel. As hulle julle beledig en julle goeie naam onder hulle voete vertrap omdat julle my volgelinge is, moet julle baie bly wees.