Luke 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou ween, want julle sal lag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gelukkig is julle wat nou honger is, want julle sal versadig word. Gelukkig is julle wat nou huil, want die tyd sal kom dat julle van blydskap sal lag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag. |
| Afrikaans 1983 | Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou huil, want julle sal lag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is julle wat nou honger ly, want julle sal versadig word. Gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle wat nou honger is, is gelukkige mense, want God sal vir julle genoeg gee om te eet. Julle wat nou huil, is gelukkige mense, want julle sal lag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle is gelukkig as julle nou honger is. God sal sorg dat julle genoeg kos het om te eet in sy nuwe wêreld. “Julle is gelukkig as julle nou hartseer is. God sal sorg dat julle in sy nuwe wêreld lag en feesvier. |