Luke 6:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het sy oë op sy dissipels opgeslaan en gesê: Geseënd is julle armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het na sy dissipels gekyk en gesê: “Gelukkig is julle wat arm is, want die koninkryk van God is júlle deel.
Afrikaans 1933/1953 Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
Afrikaans 1983 Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Hy sy oë op sy dissipels gerig en gesê: “Gelukkig is julle wat arm is, want die •koninkryk van God behoort aan julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus kyk toe na sy dissipels en Hy sê vir hulle: Julle wat arm is, is gelukkige mense, want God is julle Koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe kyk Jesus na sy volgelinge en sê vir hulle: “Julle is gelukkig as julle nou arm is. God sal dan vir julle ’n plek gee in sy nuwe wêreld.