Luke 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sommige van die Fariseërs sê vir hulle: Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar sommige Fariseërs het gesê: “Julle moenie dit doen nie! Dis teen die wet om op die Sabbat te werk en graan te oes.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle: Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie? |
| Afrikaans 1983 | Toe sê 'n paar van die Fariseërs: “Waarom doen julle iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van die •Fariseërs sê toe: “Waarom doen julle iets wat op die Sabbat nie toelaatbaar is nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe vra party van die Fariseërs: “Hoekom doen julle iets wat 'n mens nie op die Sabbatdag mag doen nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Paar Fariseërs wat hulle soos valke dopgehou het, het dit dadelik raakgesien. “En wat is hier aan die gang?” wou hulle weet. “Julle weet mos ’n mens mag nie kos op die sabbat bymekaarmaak nie.” |