Luke 6:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat deur onrein geeste geplaag was, en hulle is genees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het gekom om na Hom te luister en om genees te word, en Jesus het baie bose geeste uitgedryf.
Afrikaans 1933/1953 wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
Afrikaans 1983 wat gekom het om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Ook dié wat onder onrein geeste gely het, is gesond gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gekom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Ook mense wat deur •onrein geeste gepla is, is daarvan genees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het almal na Jesus kom luister en hulle wou hê Hy moet hulle gesond maak. Daar was onrein geeste in party mense, en Jesus het daardie mense ook gesond gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle wou Hom hoor preek en ook van hulle siektes genees word. Jesus het dit toe gedoen. Mense wat deur bose geeste beset is, is deur Hom bevry.