Luke 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in daardie dae het hy uitgegaan na die berg om te bid, en hy het die hele nag gebly in gebed tot God.
Afrikaans (NLV) 2011 Eendag kort hierna het Jesus na ’n berg gegaan om te bid, en Hy het die hele nag in gebed deurgebring.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.
Afrikaans 1983 In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid, en Hy het die nag deurgebring in gebed met God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nie lank daarna nie het Jesus na die berg gegaan om daar te bid. Hy het die hele nag tot God gebid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kort daarna het Jesus een aand teen ’n berg opgeklim om te gaan bid. Hy het die hele nag in gebed tot God deurgebring.