Luke 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: Gaan van My af; want ek is 'n sondige man, Here.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Simon Petrus besef wat gebeur het, val hy op sy knieë voor Jesus en sê: “Here, gaan asseblief weg van my af — ek is ’n te groot sondaar.”
Afrikaans 1933/1953 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige man!
Afrikaans 1983 Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Simon •Petrus dit sien, val hy voor die knieë van Jesus neer en sê: “Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige mens.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Simon Petrus dit sien, het hy voor Jesus op die grond geval en gesê: “Here, gaan weg van my, want ek is 'n man wat baie sonde doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Simon Petrus was verslae oor wat gebeur het. Hy het op sy knieë voor Jesus neergeval en gesê: “Here, U kan nie langer by my bly nie, want ek is ’n groot sondaar.”