Luke 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het vir hulle vennote wat in die ander skip was, beduie dat hulle hulle moes kom help. En hulle het gekom en albei die skepe vol gemaak, sodat hulle begin sink het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hul maats in die ander skuit geroep om te kom help en gou was albei skuite so vol vis dat dit amper gesink het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir die makkers in die ander boot beduie om hulle te kom help. Toe hulle daar aankom, het hulle albei bote so vol gemaak dat dit begin sink het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het hulle vriende in die ander boot geroep om te kom help. Hulle vriende het gekom en hulle het altwee bote vol visse gemaak. Dit was so vol, die bote het amper gesink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kom help ons. Maak gou!” het hy vir sy vriende in ’n ander boot daar naby hulle geskree. Later was albei bote vol vis. Hulle was so swaar gelaai dat hulle amper gesink het. |