Luke 5:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En niemand gooi nuwe wyn in ou sakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke bars en uitgestort word, en die sakke sal vergaan.
Afrikaans (NLV) 2011 En niemand gooi nuwe wyn in ou wynsakke nie. Die nuwe wyn sal die ou wynsakke laat bars en die wyn uitstort en die wynsakke vernietig.
Afrikaans 1933/1953 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.
Afrikaans 1983 “En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die leersakke laat oopbars. Dan sal die wyn uitloop en die sakke sal tot niet gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En 'n mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. Die nuwe wyn sal die ou velsakke laat bars, en dan loop die wyn uit en die velsakke is stukkend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nog ’n voorbeeld: ’n mens gooi ook nie nuwe wyn in ou, verweerde sakke nie. Anders skeur die sakke en dan loop al die wyn uit.