Luke 5:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het ook 'n gelykenis aan hulle vertel; Niemand sit 'n stuk van 'n nuwe kleed op 'n ou nie; indien anders, dan maak beide die nuwe 'n puur, en die stuk wat uit die nuwe geneem is, stem nie ooreen met die oue nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Jesus vir hulle ’n gelykenis vertel om sy punt te illustreer: “Niemand skeur tog ’n stuk materiaal van ’n nuwe kledingstuk af en lap ’n ou kledingstuk daarmee nie. Want dan sal die nuwe kledingstuk geskeur word en boonop sal die nuwe lap nie eens by die ou kledingstuk pas nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: Niemand sit 'n lap van 'n nuwe kleed op 'n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy vertel hulle ook nog 'n gelykenis: “Niemand skeur 'n stuk uit nuwe klere om daarmee ou klere te lap nie. As hy dit sou doen, sou die nuwe klere stukkend wees, en buitendien sal die nuwe lap nie by die ou klere pas nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir hulle nog 'n gelykenis vertel: “Niemand skeur 'n stuk materiaal uit 'n nuwe kledingstuk en werk dit op 'n ou kledingstuk vas nie. As mens dit doen, sal die nuwe kledingstuk skeur, en boonop sal die nuwe stuk nie by die ou kledingstuk pas nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus vertel toe vir hulle 'n gelykenis. Hy het gesê: “'n Mens skeur nie 'n lap uit nuwe klere om ou klere reg te maak nie, want dan het hy die nuwe klere ook geskeur. En 'n nuwe lap pas nie by ou klere nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kom Ek verduidelik wat Ek bedoel met ’n voorbeeld: as iemand ’n gat in ’n ou stuk klere wil regmaak, lap hy dit mos nie met nuwe materiaal wat baie sal krimp nie. Met die eerste was gaan die nuwe materiaal krimp en dan kom daar ’n yslike gat in die ou klere. |