Luke 5:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê vir hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede, en so ook die dissipels van die Fariseërs? maar jy eet en drink?
Afrikaans (NLV) 2011 Die godsdienstige leiers sê toe vir Jesus: “Johannes die Doper se dissipels vas en bid gereeld en so ook die dissipels van die Fariseërs. Hoekom vier jou dissipels altyd fees?”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook die van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?
Afrikaans 1983 Die mense sê toe vir Jesus: “Die volgelinge van Johannes vas dikwels en onderhou gereelde gebedstye, en so ook die volgelinge van die Fariseërs, en u dissipels eet en drink maar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense het vir Hom gesê: “Johannes se dissipels vas en bid gereeld, en die •Fariseërs se dissipels ook, maar u dissipels eet en drink maar voort.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party mense het vir Jesus gesê: “Johannes die Doper se dissipels vas baie maal en bid altyd wanneer hulle moet. Die Fariseërs se dissipels doen dit ook. Maar jou dissipels eet en drink.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die godsdienstige leiers sê toe vir Jesus: “Jy moet net sien hoe toegewyd al Johannes die Doper se volgelinge is. Hulle is so ernstig in hulle godsdiens dat hulle lang tye niks eet nie. Hulle vas en bid gereeld. Die Fariseërs doen dit ook. Maar jou dissipels steur hulle glad nie daaraan nie. Hulle eet en drink net die hele tyd.”