Luke 5:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gekom om sondaars te roep om tot inkeer te kom, nie om my tyd te verwyl met hulle wat dink dat hulle reeds goed genoeg is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. |
| Afrikaans 1983 | Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is hoekom Ek saam met daardie mense eet. Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Nee, Ek het gekom om sondaars te roep sodat hulle kan lewe soos God wil hê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wel, Ek ook. Dis nie my werk om mense wat klaar aan God gehoorsaam is, weer ’n keer na Hom toe te lei nie. Ek het gekom om mense wat glad nie in Hom glo nie se oë oop te maak.” |