Luke 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het in een van die skepe geklim wat Simon s'n was, en hom gebid dat hy 'n bietjie uit die land sou wegstoot. En hy het gaan sit en die mense uit die skuit geleer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het in een van die skuite geklim en die eienaar, Simon, gevra om dit ’n entjie in die water te stoot. Hy het in die boot gaan sit en die skares van daar af geleer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om 'n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer. |
| Afrikaans 1983 | Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit 'n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het in een van die bote geklim, die een wat aan Simon behoort, en hom gevra om 'n klein entjie van die land af weg te roei. Hy het gaan sit en die skare van die skuit af onderrig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het in een van die bote geklim. Dit was Simon se boot. Jesus het vir Simon gevra om 'n bietjie verder van die strand weg te roei. Jesus het gaan sit en Hy het uit die boot vir die mense geleer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus gaan klim toe in Simon se boot en vra hom om ’n entjie van die kant af weg te vaar. Hy het in die boot gaan sit en van daar af met die skare gepraat. |