Luke 5:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Levi het vir hom 'n groot feesmaal in sy huis berei, en daar was 'n groot menigte tollenaars en ander wat saam met hulle aangesit het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kort daarna het Levi ’n feesmaal in sy huis aangebied met Jesus as die eregas. Baie van Levi se medetollenaars en ander gaste was daar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was. |
| Afrikaans 1983 | Levi het 'n groot feesmaal in sy huis gehou ter ere van Jesus, en 'n groot aantal tollenaars en ander mense het saam met hulle aangesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gehou waar 'n klomp •tollenaars en ook ander mense saam met hulle vir ete aangeleun het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe nooi Levi vir Jesus na 'n groot ete in sy huis. Daar was ook baie tollenaars en ander mense wat saam met hulle geëet het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van daar af is hulle na Levi se huis toe. Levi het gou ’n groot klomp van sy vriende vir ete oorgenooi. Hy was so bly oor wat met hom gebeur het dat hy voor almal vir Jesus wou dankie sê. ’n Groot groep tollenaars en ’n klomp ander mense saam met wie die godsdienstige leiers nooit aan ’n tafel gesien wou wees nie, het toe saam met Jesus en Levi kom feesvier. |