Luke 5:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná hierdie dinge het hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit; en hy sê vir hom: Volg My.
Afrikaans (NLV) 2011 Later, toe Jesus die dorp verlaat, het Hy ’n tollenaar met die naam Levi by sy tolhokkie sien sit. “Kom, word my dissipel!” het Jesus vir hom gesê.
Afrikaans 1933/1953 En nhierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My.
Afrikaans 1983 Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierna het Jesus buitentoe gegaan en 'n •tollenaar met die naam Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Jesus verder gegaan. Hy sien toe 'n tollenaar by die tolhek sit. Die tollenaar se naam was Levi. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af het Jesus verder gestap tot by die kantoor van ’n man wat belasting ingevorder het. Sy naam was Levi. Toe Jesus vir Levi daar by sy kantoor sien sit, sê Hy vir hom: “Volg My!”