Luke 5:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle was almal verbaas, en hulle het God verheerlik en met vrees vervul en gesê: Ons het vandag vreemde dinge gesien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal is aangegryp met groot verwondering en eerbiedige vrees. Hulle het God geprys en oor en oor gesê: “Ons het vandag verstommende dinge gesien!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en is met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag ongelooflike dinge gesien. |
| Afrikaans 1983 | Almal het verbaas gestaan en God geprys en vol eerbiedige vrees gesê: “Vandag het ons ongelooflike dinge gesien.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Almal was verwonderd en het God geprys. Hulle is met diep ontsag vervul en het gesê: “Vandag het ons iets ongeloofliks gesien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense was verbaas en hulle het God ook geprys. Hulle was bang en hulle het aangehou om God te eer. Hulle het gesê: “Vandag het ons wonderlike dinge gesien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense kon hulle oë nie glo nie. Hulle is met groot respek vir God vervul. “Nou het ons regtig gesien hoe wonderlik God is,” het hulle vir mekaar gesê. |