Luke 5:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe, sê Hy vir die verlamde: Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal vir julle bewys dat Ek, die Seun van die Mens, die mag het om op aarde sondes te vergewe.” Jesus draai toe na die verlamde man en sê: “Ek sê vir jou, staan op, vat jou slaapmat en gaan huis toe.”
Afrikaans 1933/1953 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
Afrikaans 1983 Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Toe sê Hy vir die verlamde man: “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sodat julle kan weet dat die •Seun van die Mens volmag het om op aarde sondes te vergewe...” – sê Hy toe vir die verlamde: “Ek sê vir jou, staan op, tel jou slaapmat op en gaan na jou huis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil nou vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.” Toe sê Jesus vir die lam man: “Ek sê vir jou, staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar om dit te laat gebeur is heeltemal ’n ander saak. Wel, julle weet baie goed dat iemand net sondes kan vergewe as hy die mag het om dit te doen. Ek, die Seun van die mens, het daardie mag. Kyk nou mooi: Ek gaan dit doen sodat julle kan besef met wie julle te doen het.” Jesus sê toe vir die lam man: “Staan op. Vat jou draagbaar en gaan terug na jou mense toe.”