Luke 5:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, die manne het 'n verlamde man in 'n bed gebring, en hulle het na maniere gesoek om hom in te bring en voor hom neer te lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Paar mans het daar aangekom terwyl hulle ’n verlamde man op ’n slaapmat dra. Hulle het deur die skare probeer dring om by Jesus uit te kom, |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar het manne 'n mens wat verlam was, op 'n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit. |
| Afrikaans 1983 | Onverwags kom daar mense met 'n verlamde man op 'n draagbaar aan, en hulle probeer om hom die huis in te bring en voor Jesus neer te sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net toe kom daar mense aan wat 'n verlamde man op 'n slaapmat dra. Hulle wou hom in die huis indra en voor Jesus neersit, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Paar manne het 'n man wat verlam was, op 'n slaapmat nader gebring. Hulle het gekyk waar Jesus is, en hulle wou die man in die huis inbring en voor Jesus neersit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het daar ’n klompie mense aangekom wat ’n verlamde man op ’n draagbaar gedra het. Hulle wou hê dat Jesus hom gesond moet maak. |