Luke 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom bevel gegee om dit aan niemand te vertel nie; maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, soos Moses beveel het, as 'n getuienis vir hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Jesus hom beveel om niemand te vertel wat gebeur het nie. “Gaan reguit na die priester toe en laat hy jou ondersoek. Vat die offer saam wat deur die wet van Moses vereis word vir iemand wat van so ’n velsiekte gereinig is sodat almal die bewys van jou genesing kan sien.”
Afrikaans 1933/1953 Toe gee Hy hom bevel om dit aan niemand te vertel nie; maar, sê Hy, gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, soos Moses voorgeskrywe het, vir hulle tot 'n getuienis.
Afrikaans 1983 Toe gee Jesus hom opdrag: “Moet dit aan niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring offers vir jou reiniging soos Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het hom beveel om dit vir niemand te vertel nie en gesê: “Gaan wys jouself vir die priester, en bring die offer vir jou reiniging, soos Moses voorgeskryf het, as bewys vir hulle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir die man gesê: “Jy moet dit vir niemand vertel nie. Gaan wys vir die priester jy is gesond en doen dan wat Moses in die wette geskryf het. Bring die offers omdat jy rein geword het. Dan sal die priesters weet jy is rein.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe vir hom: “Moet asseblief nie vir almal gaan vertel wat met jou gebeur het nie. Gaan reguit na die priester toe. Wys vir hom dat jy gesond is. Nadat hy gesien het dat jou vel weer normaal is, moet jy die offer bring wat Moses voorgeskryf het vir mense wat gesond geword het. So sal almal kan sien wat met jou gebeur het. Jou dade sal harder praat as al jou woorde.”