Luke 5:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy hand uitgesteek en hom aangeraak en gesê: Ek wil, wees jy rein. En dadelik het die melaatsheid van hom gewyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het sy hand uitgesteek en die man aangeraak. “Ek wil,” het Hy gesê. “Word gesond!” En net daar het sy velsiekte verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil, word gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat. |
| Afrikaans 1983 | Jesus steek sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil, word rein!” En sy melaatsheid het onmiddellik verdwyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het sy hand uitgesteek en aan die man geraak en gesê: “Ek wil dit doen, Ek maak jou gesond.” Dadelik was die man nie meer melaats nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sit toe sy hand op die melaatse en sê vir hom: “Ek wil dit graag doen. Word gesond. Nou dadelik!” Net daar het die velsiekte aan die man se lyf verdwyn. Sy vel was glad en skoon. Hy was heeltemal gesond. |