Luke 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy in 'n sekere stad was, daar was 'n man vol melaatsheid; wat Jesus sien val op sy aangesig en Hom smeek en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.
Afrikaans (NLV) 2011 In een van die dorpe het Jesus ’n man met ’n gevorderde velsiekte raakgeloop. Toe die man Jesus sien, het hy diep voor Hom neergebuig en gesmeek om genees te word. “Here,” het hy gesê, “as U wil, kan U my gesond maak.”
Afrikaans 1933/1953 En terwyl Hy in een van die stede was, kom daar 'n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.
Afrikaans 1983 Eendag toe Jesus in een van die dorpe was, kom Hy 'n man teë wat oortrek was van die melaatsheid. Toe die man Hom sien, val hy op sy knieë voor Hom en smeek: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En toe Jesus in een van die dorpe kom, staan daar skielik 'n man vol melaatse swere. Toe hy Jesus sien, val hy plat op sy gesig neer en smeek Hom: “Here, as U wil, kan U my rein maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het in 'n stad gekom. Daar was 'n melaatse man. Toe die melaatse man vir Jesus sien, het hy voor Jesus op die grond geval met sy gesig teen die grond. Hy het vir Jesus gesoebat en gesê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In een van die dorpe in Galilea waar Jesus aangedoen het, was daar ’n melaatse. Melaatsheid was ’n velsiekte wat veroorsaak het dat mense eenkant moes gaan bly. Toe hy vir Jesus sien, het hy laag voor Hom op die grond gebuig. Toe smeek hy Jesus: “Here, as U wil, kan U my gesond maak. Dan sal ek weer rein wees. Dan kan ek weer ’n gewone lewe lei; ek sal weer vriende hê en in die tempel kan gaan aanbid.”