Luke 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so was ook Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeüs, wat saam met Simon was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy kollegas, Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, was net so verbaas. Jesus het vir Simon geantwoord: “Moenie bang wees nie! Van nou af sal jy mense vang!”
Afrikaans 1933/1953 en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebed,s, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.
Afrikaans 1983 Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakobus en Johannes was ook baie verbaas. Hulle was die seuns van Sebedeus en hulle het saam met Simon gewerk en visgevang. Jesus het vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy nie meer visvang nie, jy sal mense bymekaarmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ook Petrus se vriende, Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, was daardeur aangegryp. Jesus sê toe vir Petrus: “Moenie bang wees nie. Jou werk begin nou eers. Van nou af gaan jy mense vang. Jy sal maak dat baie mense in My glo.”